IN DIE SPORE VAN JESUS

R75.00

Die Broers, Christo, Cobus en Nic is alombekend vir hul harmonieuse sang en polsende liedjies. Hulle maak al van jongs af saam musiek en het reeds op laerskool in kore gesing en formele opleiding in onder andere klavier, trompet, kitaar en kontrabas ontvang. Die Broers het musiek as voltydse beroep gekies en toer vandag die land vol met konserte en optredes. Dit was onvermydelik dat Die Broers ‘n Gospel-album sou opneem en het die eerste “Voetspore”-album in 2011 verskyn. In die Spore Van Jesus is Die Broers se konsertweergawe van hulle gospeltreffers en het die vertonings ‘n baie akoestiese gevoel, met slegs kitaar, baskitaar en klavier wat gebruik word. Dit verseker dat die intensiteit van die lirieke nie net gehoor word nie, maar ook met diep emosie gevoel word.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “IN DIE SPORE VAN JESUS”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.