Alwyn Oberholster se Golden Oldies

R120.00

Die eerste Goue Oues is tydens die Oppiwater Kunstefees in 2017 vrygestel, en was die produksies een van die eerstes wat uitverkoop was. Die Goue Oues-reeks is nou al ‘n instelling tydens die Oppiwater Kunstefeeste weens die gewildheid daarvan. Maar wat maak ‘n treffer tydloos? Wat maak van ‘n liedjie ‘n “goue oue”? “Goue oues is daardie liedjies wat in jou herinneringe weerklink”, sê Alwyn. “As jy die liedjie hoor, neem dit jou skielik terug na die verlede en al die herinneringe wat daarmee gepaard gaan. Goeie herinneringe. Jou eerste soen, jou eerste afspraak… goue herinneringe”. Elke generasie het sy goue oues, en tydlose treffers sal aanhou floreer namate nuwe geslagte ouer wysies ontdek van die tyd toe hul ouers en / of grootouers grootgeword het. “Dit anker jou”, sê Alwyn. “Met die nuwe tegnologie kan die kinders van vandag ouer, tydlose treffers op hul fone of mp3-spelers ontdek en aflaai, en verseker dat die goue oues altyd tydloos bly.”

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Alwyn Oberholster se Golden Oldies”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.